Diewe diskrimineer nie, dankie tog

Deel op

Image

Libertas

Diewe diskrimineer nie, dankie tog. Dis vir my hartsverblydend om te sien dat die gemiddelde dief en skelm nie 'n rassis is wat aandring daarop om slegs blankes te teiken nie.

Dit spreek duidelik uit die insident waar die presidentswoning deur dié soort mense uitgesoek is vir regstellende inkopies in die vorm van weerligafleiers wat bekom is op die aankoopmetode van die nuwe Suid-Afrika.

Dis nou die soort nie-rassige optrede wat vir my werklik dinge in die land in lieflike perspektief plaas. Ek sou raai dat die skelms geweet het dat die inwoner van die betrokke woning waarskynlik meer geld en besittings het as die res van die mense in die Bryntirion-omgewing. Nadat ek die foto op Praag se webwerf gesien het, is ek nog meer verbaas dat die skelms enigsins toegang tot die plek verkry het. Het die wagte dalk geslaap, of net met hulle gewone slap houding dié nag gewerk? Mens sal nie weet nie.

Ek dink dit is wel billik om te verwag dat wie ook al aan diens was voor stok gekry behoort te word en te verduidelik, maar ek het vergeet, hulle het mos ook regte, die arme inwoners van dié land is almal ewe gelyk in regte. Dis net dat sommiges meer gelyk is as ander, soos Orwell gesê het. En ek vermoed die wagte sal onder dié paar gelukkiges tel.

Wat wel interessant is, is die feit dat hulle presies geweet het wanneer die president uithuisig sou wees en dat hulle presies die tyd uitgesoek het om die inkopies te beplan. Verder is dit interessant dat, hoewel die plek bewaak word deur ons land se beste, hulle tog toegang tot die perseel verkry het en dat hulle met die goedere kon verdwyn.

As ek moet raai, sou ek sê dat daar êrens iemand was wat 'n klein vergoedinkie moes ontvang het om die oë na die berge te wend en sodoende te mis wat onder hulle neuse aangaan. Maar dis natuurlik blote spekulasie met geen bewyse nie, ek dink maar net hardop hierso.

Maar nou wil ek die regering se verskriklike rassisme aanspreek. Mense, wat de hoenders besiel julle om 'n blanke kontrakteur te kry om die oprigtingswerk van die weerligafleiers te doen? Is julle dan nie bewus daarvan dat daar derduisende swart kontrakteurs is wat die werk vir die presidentswoning soveel goedkoper kon doen nie, om nie eers te dink aan die swart bemagtiging wat julle met die een mond verkondig en met die ander mond ontken deur julle keuse van werksmense nie.

Dis mos verregaande, hoe kan julle so teen julle eie mense diskrimineer? Wat wel hieruit spreek, is julle gebrek aan agting vir julle eie mense. Spul huigelaars.  Of is dit dalk 'n implisiete erkenning van die feit dat die swartman nie in staat is om sonder die blanke behoorlike werk te kan doen nie? Wel, ek vra maar net.

'n Verdere vraag is hoekom die polisiestasie op die perseel nie die klagte van die diefstal kon hanteer nie? Hoekom moes die kontrakteur na die Sunnyside-stasie toe gaan om die saak te gaan aanmeld terwyl die land se beste op die perseel nie in staat was om dit te doen nie?

Ek reken dit spreek nog verdere boekdele oor die bekwaamheidsvlakke van die personeel wat veronderstel is om die land se leierskap te beskerm en om die staatseiendom waarvoor ons so baie betaal te bewaak.

Dit is 'n klug, 'n komedie van foute. Maar het die klomp narre in uniform wat op daardie plek werk al ooit gedink aan die verreikende gevolge van hulle onnosel besluite? Duidelik nie.

Dit was 'n wakkerword oproep, die volgende een kan dalk nie so sag wees nie. As mense toegang tot die perseel kan kry om diefstal te pleeg kan hulle meer doen ook. Hulle hoef nie hulle regstellende inkopies tot die buitekant van die woning te beperk nie, maar kan dit binne toe neem. En soos almal reeds weet is diewe nie eties verbind daartoe om lewens te spaar nie. As iemand geskiet kan word vir 'n paar rand, dink net aan wat die diewe daar sal kan vind om voor te skiet. As julle sover kan dink.

Ek kan net die opskrifte op die koerante sien, "President betrap inbreker, word dood geskiet". Soos dit is, is Suid-Afrika die grap van die kontinent tesame met sy noordelike buurland. Hoeveel keer kan die land homself nog in die voet skiet sonder om heeltemal kruppel te wees? Nie veel meer nie, daarvan is ek oortuig.                  

насосы дляЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.