Bekende Afrikanerargitek oorlede

libertas
‘n Skaalmodel van Libertas

Die Afrikanerargitek dr. Irma Vermeulen (89) is Sondag in Pretoria oorlede.

Vermeulen was die dogter van Gerhard Moerdyk wat onder meer die Voortrekkermonument asook die presidentswoning Libertas en die indrukwekkende NG-Kerk Pretoria-Oos ontwerp het.

Libertas staan deesdae bekend as Mahlamba ndlopfu.

’n Gedenkdiens vir die ontslape pionier sal Vrydag 11:00 vanuit die NG kerk Pretoria-Oos gehou word.

Vermeulen het ’n doktorsgraad in stadsbeplanning verwerf en aan die Universiteit van die Vrystaat doseer.

Man en monument, ’n biografie oor haar beroemde vader, tesame met verskeie ander vakwerke, het uit haar pen verskyn.

Sy word oorleef deur vier kinders, ses kleinkinders en een agterkleinkind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.