Byna tweederdes ry sonder motorversekering

Deel op

motorsAl hoe meer Suid-Afrikaners kanselleer hul motorversekering na aanleiding van die hoër brandstofprys.

‘n Versekeringskenner, Christelle Fourie waarsku egter dat dit nie wys is nie, aangesien ‘n motor een van die grootste bates is wat ‘n mens besit.

Sy sê mense moet eerder probeer om hul premies te verlaag.

Na haar raming is meer as 70 persent van die motors op Suid-Afrikaanse paaie sonder versekering. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.