Kerry spook om vredesproses op koers te hou

Deel op

vredemoDie Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, John Kerry sê hy het ‘n openhartige gesprek met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu gehad oor nuwe omstredenheid rakende Israelse vestings.

Kerry is werp alles in die stryd om sy inisiatief vir vrede in die Midde-Ooste op koers te hou.

Samesprekings word vandag in Jerusalem hervat. Kerry sê hy glo ook dat die Palestynse president, Mahmoud Abbas die samesprekings wil laat voortduur.

Sommige Palestyne het ‘n oproep gedoen om die onderhandelinge te boikot, nadat Israel planne bekendgemaak het om meer as 3 000 huise aan die Wesoewer en in Oos-Jerusalem te bou.

Kerry het benadruk dat Amerika dié planne as onwettig beskou. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.