Afrikanerjeug, waar is jul trots?

Afrikanerjeug, waar is julle trots om ʼn blanke Afrikaner te wees? Daar waar julle in die klaskamers sit en rook en na musiek in julle ore luister. Dis wat onderwysers vertel. Terwyl julle aandag aan die onderwyser moet gee wat sy bes doen om vir julle iets te leer. Vir die onderwyser is dit geensins lekker om vir bedwelmde tegno-zombies klas te gee nie.

Maar vra vir julle wie is julle held, dan kan julle nie gou genoeg die naam Nelson Mandela uiter nie. Van julle weet nie presies hoekom hy in die tronk was nie – nee, maar julle praat soos ʼn klomp skape saam en dan is dit julle wat nie wil leer nie en nie hou van herhaling nie.

Nelson Mandela is nie na 27 jaar in die tronk vrygelaat omdat hy en sy “Comrades” onskuldig was en omdat die ouer geslag besluit het dat hulle die “awesome” Springbokke wou sien nie. Daar was baie druk op Suid-Afrika van die buiteland af, veral deur Brittanje wat nog altyd die ondergang van die Afrikanervolk wou sien, hetsy deur wapengeweld, hetsy deur demografiese onderploeging.

 Die besluit oor Mandela se vrylating is nie oornag gedoen nie. Indien Nelson Mandela en kie. nie toe vrygelaat is nie, kon ons nie vandag so lekker in die buiteland rinkink en al die tegnologie invoer wat jou en my lewe makliker maak nie. Dan sou Suid-Afrika afgesny van die res van die wêreld gebly het.  Dit het oor veel meer as rugby gegaan en die ouer geslag het nie die nasie “uitverkoop” nie, maar het ook die besluit geneem vanuit ʼn Christelike oogpunt.

Nietemin sou niemand in die vroeë negentigerjare kon dink die huidige toestand sou ontstaan nie. Hoe kon julle – terwyl almal in die ban van die buitelandse media en die reënboogoptimisme verkeer het?

Die afskaffing of die einde van die sogenaamde apartheidsregering het verlede maand op 27 April 2008 presies veertien jaar gelede plaasgevind. Daarmee saam is ons onderwys natuurlik in ʼn krisis gedompel, want vir die ANC was dit nog altyd ʼn “veld van stryd”. Nelson Mandela het tydens sy een van sy eerste toespraake as ʼn vry man op 13 Februarie 1990 by ʼn herdenking van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 die volgende gesê: Apartheid education is inferior and a crime against humanity.

Vandag word onderwys weereens as minderwaardig beskryf, maar dié keer wel onder die ANC-regering. Dié stelling is gemaak deur COSATU se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi wat leerders vanjaar toegespreek het voor die sogenaamde Vryheidsdagvieringe. Daar het heelwat tyd tussen die twee toesprake verloop, maar min dinge het verander!

Vavi het onderwys uitgesonder as die een gebied waar daar nog ʼn groot rassekloof bestaan en gesê dat die helfte van alle blanke leerlinge wat matriek slaag, dit doen  met universiteitstoelating. Dít, terwyl net twaalf persent van swart leerlinge dit regkry.

Hy het ook gesê  dat die meeste swart leerlinge nie kan bekostig om na ʼn voormalige Model C-skole toe te gaan nie en moet daarom opgeskeep sit met ʼn minderwaardige opvoeding. Ek hoop dat ons jeug, onderwysers en ouers meer op hoogte van sake is, want daar bestaan nie meer so iets soos Model C-skole nie, maar slegs private skole en staatskole wat almal dieselfde kurrikulum volg, nl. Kurrikulum 2005.

Deel van kinderregte is die reg op gratis onderwys. Vanaf 2008 het dit ʼn werklikheid geword. Onthou die koerantopskrifte gedurende 2007. Afrol News het ʼn artikel gehad onder die opskrif: “Vyf miljoen Suid-Afrikaanse kinders gaan gratis onderwys ontvang.”

Dus wat Zwelinzima Vavi verder te sê gehad het, laat die land se onderwysstelsel nie baie goed lyk nie – ʼn onderwysstelsel onder die ANC-regering:

“Skoolfooie handhaaf diep klasseverskille tussen skole in die gegoede voorstede en dié in die lokasies of, nog erger, in plattelandse gebiede.

Werkersklaskinders kan nie die skoolfooie bekostig wat by voormalige skole slegs vir blankes geld nie. Swart leerders wat ʼn Model C-skool kan beskostig, kom matriek deur; dié wat net historiese swart skole kan bekostig, moet ʼn opdraande stryd voer.

Die meeste leerders wat uitval verlaat die skool omdat hulle nie kan bekostig om fooie of uniforms te betaal nie, of omdat hulle deur die swak gehalte opvoeding ontnugter word en omdat hoë werkloosheid hulle van hoop beroof.”

Deur die loop van Nelson Madela se bewind het hy baie oor die onderwys te sê gehad – dinge wat nie ter harte geneem is nie ook nie deur bogenoemde persoon wat nie die feite van die nuwe regering reg het nie en dus ook nie gedoen het wat sy held gesê het hy moet doen nie. Nelson Mandela het by verskeie geleenthede die jeug aangemoedig om terug te gaan skool toe en dat ʼn klimaat van leer geskep moet word sodat Suid-Afrika se jeug kan meeding met ander lande en dat hulle goeie werksgeleenthede kan verkry.

Wanneer iemand jou held is, wil jy tog dit doen wat hy van jou vra. Indien almal geluister het en nie meegewerk het om die onderwys af te takel nie, sou dit nie nodig gewees het om te sê dat Suid-Afrika se onderwys nou weer as minderwaardig beskou word nie. Die houding van die kinders en die onderwysers oor die afgelope paar jaar het baie daartoe bygedra. Die kinders met hulle lelike houding teenoor die onderwysers, maar ook omdat die onderwysers besluit het dat dit nie meer nodig is om die kinders te “dril” nie. Daar bestaan die houding dat wanneer kinders ʼn werksopdrag doen of eksamen skryf net ʼn algemene idee van die betrokke saak nodig is en dat die spelling en taalkunde nie eens reg hoef te wees nie. Dit is dan nie verbasend dat Graad 9-leerlinge nie kan lees en skryf nie. Ek dink nie dat Nelson Mandela baie trots is op dié stand van sake nie. Die huidige toestand het niks te doen met die “uitverkoop” van die nasie in 1994 nie – dit het te doen met persoonlike keuse en die wegskram van verantwoordelikheid.

Ek glo ek kan met sekerheid sê dat die meeste blankes nie vir die ANC gestem het nie, maar daar is wel “Ja” gestem om apartheid af te skaf.

Iewers het iets baie verkeerd geloop en dit is in die hande van die jongmense om dit reg te  stel. Ek praat nie weer van ʼn ander vorm van apartheid nie, maar indien hierdie onsinnige moorde op onskuldige mense nie ophou nie, gaan die hele Suid-Afrika se bevolking uitsterf en ek dink dit is wat Sokrates de Wet bedoel met die jonger mense wat ʼn invloed kan uitoefen. Vertel vir die kinders dat hulle moet werk, van geweld moet wegbly en ʼn goeie voorbeeld moe stel. Daarom sê  ek: Jeug, wees bewus van julle feite, doen iets anders as net rekenaarspeletjies speel en hou op om soos ʼn klomp skape net te herhaal dat Nelson Mandela julle held is en dat julle saamstem met alles wat aan julle opgedis word. Raak weer trots daarop om ʼn blanke Afrikaner te wees en los asseblief julle “slap” houding – die nie-blanke jeug lag vir julle want julle speel so mooi in die hande van die mense wat julle van julle trots wil ontneem of reeds ontneem het.

Ouers, indien julle ernstig is oor die opvoeding van julle kinders, moenie net aanhou kla oor die standaarde wat gedaal het nie. Doen iets daadwerkliks en ondersteun die CVO-skole of gebruik ander kurrikulums wat harde werk, opoffering en die behoud van waardes vereis. As iets nie van julle kant af gedoen word nie gaan ons weer te doen kry met ʼn minderwaardige skoolstelsel. Neem die voortou en neem standpunt in dat julle nie saamstem met die verlaagde standaarde nie, want hoekom moet die blankes nou al hulle waardes laat staan net omdat ons die minderheidsgroep is – lede van minderheidsgroepe het nog steeds die reg op menswaardigheid. Vra maar vir die Afro-Amerikaners!

светодиодные панелиФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.