Kabinet wens Zim geluk met suksesvolle verkiesings

Deel op
Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson

Die Kabinet het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle “die mense van Zimbabwe en politieke partye gelukwens met die suksesvolle, gladde parlementêre en plaaslike verkiesings”.

NUUT!

Pres. Jacob Zuma se rol as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se fasiliteerder geprys en gesê die rol wat dialoog gespeel het om alle politieke partye te oorreed tot vreedsame verkiesings, was deurslaggewend.

Daar heers eenstemmigheid in die SAOG oor die geloofwaardigheid van die Zimbabwiese verkiesingsuitslag, met die uitsondering van Botswana wat meen die verkiesing was nie vry en regverdig nie.

Botswana is die enigste land in die Gemeenskap wat nie van Suid-Afrika afhanklik is nie, weens die diamantreus De Beers se belange in die land.

Die SAOG vergader Saterdag en Sondag onder meer om die verslag van sy waarnemerspan by die Zimbabwiese verkiesing te oorweeg en ’n besluit oor die aanvaarbaarheid van die verkiesing te neem.

By die inligtingsessie na afloop van die kabinetsvergadering het Phumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, en Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, gesê Suid-Afrika het nog nie ’n finale gevolgtrekking oor die verkiesingsuitslag gemaak nie.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.