Landbou-ho? aan moord skuldig

Deel op

Image'n Topamptenaar van die departement van landbou is in die Transvaalse Hooggeregshof in Pretoria aan moord skuldig bevind. David Linley Sonkosi het sy vrou Pumla Mkatali doodgeslaan ná 'n beweerde verhouding met 'n ander man deur haar kop en lyf herhaaldelik teen die vloer te stamp en deur haar met 'n leergordel te slaan.

Deel op

Sonkosi is 'n direkteur in die Landboudepartement. Nada thy sy vrou doodgemaak het, het hy op die telefoon gespog dat Pumla nie meer met ons is nie en daaroor gelag.

Waarnemende regter Tholi Vilakazi het Sonkosi skuldig bevind en nie sy bewerings aanvaar dat hy sy vrou net een keer gestoot het sodat sy haar kop teen die muur gestamp het nie.

'n Patoloog het getuig dat haar beserings nie per ongeluk deur 'n enkele stamp teen die kop veroorsaak kon gewees het nie maar die gevolg was van aanhoudende aanranding met herhaalde slae teen die kop en lyf.

игрушечный поездФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.