‘n Dreigende staking in die steenkoolbedryf, sal geweldige druk op die land se kragnetwerk plaas.
Die vakbonde, Solidariteit, UASA en die NUM het ‘n geskil met hul werkgewers verklaar en gevra dat loononderhandelinge deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gehoor word.
Die vakbonde het produsente se hersiene aanbod van 7,5% vir ongeskoolde myners en 7% vir geskoolde myners, verwerp.
Motsamai Motlhamme, die sektor se hoofonderhandelaar, sê hulle moet nog sekere kwessies met die KVBA oor die onderhandelinge besleg.