Tekort aan maatskaplike werkers in SA

Deel op

maatskaplikewerkDie Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die tekort aan maatskaplike werkers in die land is ‘n bron van kommer.

Die Instituut sê ‘n ondersoek wat gedoen is toon dat die land sowat 16 700 gekwalifiseerde maatskaplike werkers het, maar dat die meerderheid nie praktiseer nie.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini het verlede week gesê die departement onderhandel met die nasionale tesourie om fondse te verkry sodat nuwe gegradueerdes wat nie werk kry nie, in diens geneem kan word.

Die instituut sê sowat 40 persent van maatskaplike werkers is veronderstel om in die Regering se diens te wees en dat daar ondersoek ingestel moet word na die rede hoekom soveel werkers nie praktiseer nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.