Pretoria: Dele nog sonder water

Deel op
Pretoria
Pretoria

Die meeste gebiede in Pretoria, insluitende Sunnyside, Arcadia, Hatfield en nabygeleë voorstede ondervind sedert die naweek watertekorte.

Die Tshwane Metroraad sê dit is weens ‘n hoofpypleiding wat by die Bosmanstasie gebars het.

‘n Woordvoerder, Blessing Manale, sê kontrakteurs het sedert gister aan die pype gewerk en hoop om die toevoer binnekort herstel te hê.

Inwoners moes die hele naweek met wateronderbrekings sukkel.

Die stad sê die watertoevoer na Sunnyside en Arcadia sal vanmiddag herstel wees.

‘n Woordvoerder sê herstelwerk aan die hoofpypleiding, wat gebars het, is voltooi en dat waterverbindings herstel sal wees sodra die waterdruk gestabiliseer het. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.