Agt spelers van SA krieket uitgesluit

Deel op

Agt Suid-Afrikaanse krieketspelers wat aan die Indiese Krieketliga gaan deelneem, is uitgesluit van deelname aan plaaslike

Image

Johan van der Wath

krieket. Hulle is: Andrew Hall, Johan van der Wath, Justin Kemp, Nicky Bojé, Dale Benkenstein, Lance Klusener, Nantie Hayward en Nic Pothas.

Deel op

Tony Irish, die hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Krieketvereniging, het gesê hulle word nie verbied om aan Suid-Afrikaanse krieket deel te neem nie, maar daar bestaan 'n ooreenkoms tussen die verskillende unies om hulle nie vir spanne te kies nie.

Die Indiese Krieketliga is een van die twee Twintig-twintigkompetisies wat 'n hele klompie topspelers na Indië gelok het. Anders as die Indiese Premierliga, geniet die Indiese Krieketliga egter geen erkenning deur die Internasionale Krieketraad nie.

детектор лжи словаОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.