Klipgooiers versper pad, brand voertuig in Limpopo

Deel op

limpopoprotestInwoners van Ha-Bungeni buite Makhado in Limpopo het ‘n voertuig van die Departement van Watersake aan die brand gesteek en ‘n sjebeen afgebrand.

Die inwoners het die Bungeni-Mashau-pad ook versper en voertuie beskadig uit woede nadat die liggaam van ‘n verstandelik gestremde man gevind is.

Intussen is die situasie kalm by Tshisaulu naby Thohoyandou waar inwoners gisteraand ‘n pad met brandende bande en klippe versper het.

Die oproerige skare eis die inhegtenisneming van ‘n moordverdagte nadat ‘n vrou se liggaam met ‘n meswond twee weke gelede gevind is.

Motoriste moes tussen Thohoyandou en Makhado naby Tshilidzinihospitaal onder klipgooiers deurloop.

Die ontdekking van die vrou se liggaam met steekwonde het inwoners in opstand laat kom want hulle sê daar is al talle moorde in die gebied.

Die rede waarom mense in opstand is, want baie mense gaan hier dood. Daar is ‘n staking, want die mense glo die polisie doen niks daaraan nie. So mense is in opstand sodat die polisie iets moet doen. Misdaad gebeur in Tshisaulu en die polisie doen niks daaraan nie,” het een van die inwoners gekla.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.