Veral die SAL-Ope kampioenskap wat op 21 Desember klaarmaak, het 'n probleem geskep. Daar is egter planne om 'n eendagfondsinsamelingstoernooi op die Maandag net na die SA Opekampioenskap te hou.
Die byeenkoms sal ten gunste van die Ernie Els en Fancourt-stigting plaasvind. Fondse sal ook gebruik word vir 'n bewusmakingsveldtog oor outisme. Ernie se seun, Ben, is ook met dié toestand gediagnoseer.
Die Els-uinodigingstoernooi sal weer in Desember 2009 plaasvind aangesien die Sonskyntoer se rooster weer plek sal hê daarvoor.