Die pornomonster verwoes gesinne

Deel op

ImageHier in die Kaap word ‘n porno-ekspo, dit staan bekend as Sekspo,  tans groot gepromoveer – ook in die dagblaaie, soos Die Burger, en deur die e-pos. Dit gaan van 8 tot 11 Mei in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum aangebied word.

Nou wonder ek oor daardie 60 000 mans wat by die charismatiese aartappel-pastoor saamgetrek het, en die ander duisende wat nou landwyd oral agter hom aantrek. Sy boodskap gaan mos oor hoe om gesinsbande te verstewig en hoe mans weer die gerespekteerde hoof van die huis kan word.

Deel op

Ons word nou al sedert 1994 letterlik gebombardeer deur “Adult Worlds”  en veral op TV die laatnag “Adult Shows” . Die winkelrakke lê besaai met porno-tydskifte en Naspers/Media24 maak groot geld uit sy SON-koerante wat porno in vele vorme op elke moontlke manier aanbied

Haas elke huisgesin, van skoolkinders tot die ouers, is daagliks die teiken van porno in een of ander vorm. Ek is daarvan oortuig dat duisende huwelike landwyd deur hierdie immoraliteitsaanslag vernietig of ten minste gekwes of verskeur is.

Daardie  duisende saamtrekkende mans is dalk net die slagoffers van die porno-monster (uiteindelik hul eie luste wat vrye teuels kry omdat die versoeking so subtiel, maklik, goedkoop en “algemeen-aanvaarbaar” is) wat desperaat raad soek hoe om die wondgate in hul huwelik, gesinne en hul eie gees en lewe te herstel.

Dalk is ek verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Indien die  “powers that be” so vernuftig is/was om hierdie vernietigende wapen teen die “beskaafde” deel van die bevolking te gebruik, gee ek hulle tien uit tien. Dit werk soos ‘n bom.

Die kern van ‘n volk is sy moraliteit. Verwoes dit, en jy verwoes sy sin vir die lewe. ‘n Slaaf vir altyd.

casino no deposit bonus no downloadданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.