
Die ANC in KwaZulu-Natal het bevestig dat een van sy raadslede op Ulundi doodgeskiet is.
Die skietvoorval het gebeur ure nadat die ANC drie raadslede en 700 nuwe lede in sy midde verwelkom het wat van die IVP en NFP in die Nongoma-gebied na die party oorgeloop het.
‘n ANC-woordvoerder, Senzo Mkhize sê die raadslid se naam sal later bekend gemaak word.
Die etniese onderstominge binne die ANC is voorts belig deur die Noord-Sotho’s se toenemende uitsluiting uit die ANC.
Die leier van die “African Peoples Convention” sê sy party wen veld in Noordwes weens “gebrekkige politieke leierskap” in dié provinsie.
Godi het by sy party se provinsiale raadsvergadering in Matlosana gesê binnegevegte tussen ANC-lede in die meeste van die provinsie se munisipaliteite dra by tot die groei van die APC.
Hy sê die APC sal aanstaande maand die tussenverkiesings in nege wyke in die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom betwis.