Beveilig jou rekenaar – ‘n gids

Deel op

SkootrekenaarDaar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie!  Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder.

Deel op

Gebruik die gids as 'n riglyn om jouself teen die gevarete beveilig.

Beskerm jou rekenaar:

Hou jou bedrystelsel gereeld by met nuwe opgraderings: Die meeste opgraderings wat beskikbaar gestel word vir bedryfstelsels is om die sekuriteit van daardie stelsel te verbeter. Microsoft bied jou die opsie om outomaties in te teken om enige bywerkings te ontvang of om jou stelsel outomaties by te werk. Besoek die Windows-webwerf op ook verder op datum te bly. As jy enige ander stelsel gebruik, Linux of Mac, dan moet jy ook seker maak dat jy soortgelyke bywerkings vir daardie stelsels bekom.

Brandmuur: Maak seker die brandmuur (firewall) in jou bedryfstelsel is geaktiveer en indien moontlik skaf programmatuur aan wat jou ekstra sekuriteit verskaf soos byvoorbeeld Zona Alarm waarvan die basiese module gratis afgelaai kan word.  Indien jy oor 'n koordlose internetverbinding beskik, maak ook seker jy gebruik 'n roeteerder wat aan jou 'n brandmuur verskaf en dat dit geaktiveer is.

Anti-virus: Daar is etlike produkte op die mark, van gratis produkte tot kommersiële produkte wat jou etlike rande uit die sak kan jaag. Dit is egter aanbevole dat jy een gebruik, veral as jy op die internet koppel en ook e-posse ontvang. Maak verder seker dat die proagrammatuur se virusdefinisies op datum bly. 

Spyware: Die meeste anti-virusprogramme filtreer nie enige spyware uit nie en kan ook nie sodanige skadelike programmatuur opspoor en verwyder nie. Dit vereis dan verdere programmatuur wat dan ook gereeld bygehou moet word. Daar is etlike programme aanlyn beskikbaar en 'n gewone soektog met 'n soekenjin kan 'n menigte resultate oplewer. 

Draadlose verbinding: Indien jy oor 'n koordlose (WI-FI) internetverbinding beskik, maak egter seker dat jou veiligheidsprotokolle geaktiveer is. Maak seker dat die WEP- of WPA-enkripsie daarop geaktiveer is en dat enige brandmuur ook op datum is en ook geaktiveer is. 

Rugsteun: Maak seker dat daar gereeld 'n  rugsteun van belangrike data gemaak word en dat die data veilig bewaar word. 

Beskerm jou e-pos:

E-pos in die normale loop is dieselfde as die stuur van 'n poskaart, die hele wêreld en sy vriend kan die inhoud daarvan sien en lees. Wel, streng gesproke is dit moontlik! Die rëel om hier te onthou is om niks in 'n e-pos te skryf (of aan te heg) wat jy nie in 'n poskaart sou doen nie.  Indien jy egter meer sekuriteit in jou e-pos wil inbou, moet jy van enkripsieprogrammatuur gebruik maak.

Daar is egter ook 'n web-e-pos www.hushmail.com wat jou daardie opsies bied. Binne e-poskliënte soos Thunderbird kan jy ook Enigmail gebruik;, hier is 'n handige werf waarin jy 'n gids vind om dit te gebruik.

Aanhegsels: Moet nooit aanhegsels van onbekende persone oopmaak nie. As jy oor 'n anti-virusprogram beskik, maak seker dat dit op datum is en skandeer die aanhegsel voordat jy dit oop maak. Die meeste virusse word deur aanhegsels die web ingestuur en bereik dan sodoende jou rekenaar. Die nuutste is om PDF-formaatlêers aan te heg wat dan met kwaadwillige kodes gelaai is wat die virus op jou masjien loslaat. 

Vermy gemorspos: Moet nooit op dié tipe boodskappe klik nie; vermy dit heeltemal. Moet nie eens op die uittekenknoppie klik nie. Maak seker dat jy anti-gemorsprogrammatuur (anti-spam) op jou rekenaar het. As jy 'n web e-pos gebruik maak seker dat jy jou kontakte as sodanig lys anders kan die meeste van daardie boodskappe in die gemors-bus gegooi word. Verander jou wagwoord vir die tipe adresse gereeld en indien moontlik wanneer jy publieke internet fasiliteite gebruik maak seker jy teken uit wanneer jy klaar is. 

Phishing: Phishing oftewel visvang is die aktiwiteit waardeur mense per e-pos gekontak word om hul bankrekeningnommer en wagwoorde te verskaf onder die valse indruk dat die boodskap van die instansie afkomstig is. Moet onder geen omstandighede jou wagwoord aan enige persoon verskaf nie. Die banke se stelsels is ge-enkripteer en hulle kan nie jou wagwoord ontsyfer nie so hulle kan nie dit "nagaan en bevestig" soos wat die meeste van die phishing-trawante voorhou om te doen nie. Banke en ander instellings soos E-bay en Paypal sal jou nooit kontak om enige dergelike inligting te verskaf nie; hulle het geen rede of noodsaak daarvoor nie.  

Kettingbriewe: Kettingbriewe het die geneigdheid om soos 'n velbrand te versprei; moenie dit aanstuur nie. Al is die pleit daarbinne, soos dit altyd maar is ook hoe moeilik om te weerstaan. Die meeste kettingbriewe word deur mense gestuur wat nie van die bestaan van blind carbon copy oftewel BCC weet nie. Sulke boodskappe bevat dan waardevolle inligting vir enige phisher-man of gemorsposser. 

Wees veilig aanlyn: 

Dit maak nie saak watter bedryfstelsel jy gebruik nie, die internet hou gevare vir alle gebruikers in. 

Verander jou wagwoorde: op webwerwe soos Facebook en Myspace gereeld. Maak gebruik van wagwoordfrases eerder as woorde om dit makliker te kan onthou. Microsoft bied 'n wagwoordtoetser aan en jy kan die sterkte van 'n wagwoord hier toets. 

Private inligting: Maak seker dat jy so min moontlik van jou private data op die internet beskikbaar stel. Webwerwe soos Facebook moedig gebruikers aan om volle name, geboorteplek en geboortedatums te verskaf en diè inligting kan gebruik word om rekeninge in jou naam te open.  

Sekuriteit op 'n werf: Maak seker dat wanneer jy aanlynaankope doen, of indien jy op 'n bankrekening aanteken, jy op 'n veilige blad is. Internet Explorer en Firefox vertoon 'n slotjie óf in die adresgedeelte óf in die statusgedeelte. Die bronadres verander ook van http:// na https://, let op die S, dit dui daarop dat die blad 'n vblad is. Gaan ook die verskaffer se SSL-sertifikaat na om seker te maak dat dit nog geldig is en dat dit van 'n betroubare bron aangeskaf is.

тележки инструментальныетопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.