VSA stuur misdadigers as soldate na Irak

Deel op

Sedert die begin van 2003 het daar reeds 3136 Amerikaanse soldate in Irak gesneuwel. Om die tekorte aan personeel op die terrein aan te vul, het  die Pentagon vandeesweek bekend gemaak dat die National Guard gevra gaan word om nog 14 000 soldate vir diens beskikbaar te stel.

Dit kom ná ‘n oproep van die owerhede aan die einde van verlede jaar dat 2 500 reserviste van die vloot inderhaas moet aanmeld vir “nie-vrywillige” diens.

Die State Department kon tewens ook nie genoeg vrywilligers vind om die 350 poste van diplomate en buitelandse personeel in Irak te vul nie, en moes met 200 tevrede wees. Dit ten spyte van aansienlike vergoedingspakette wat aangebied was om alle risiko te dek.

Deel op

Die vakante poste word nou tydelik deur militêre personeel gevul om die nypende problem die hoof te bied.

Die VSA se weermag van 1,4 miljoen mense het byna die perke van sy vermoë bereik met moeilike en uitgerekte opdragte nie net in Irak nie maar ook  in Afghanistan.

Om kwotas te vul word standaarde en aansluitingskriteria aanhoudend verlaag.  Trouens 8 129 oud-kriminele het laasjaar aangemeld as soldate. Dié syfer behels 10% van nuwe innames en dui eweneens op ‘n toename van 65% in vergelyking met 2003, die jaar toe Irak binnegeval is.

Diegene wat op hierdie manier toegang verkry het tot die weermag is dikwels nie fisies besonder geskik vir hul taak nie vanweë probleme soos oorgewig, maar die meeste het ‘n rekord van inbraak, ernstige aanranding of manslag.

Die New York Times berig dat die weermag ‘n soort  bose kringloop betree het met hierdie verlaging in standaarde waaruit hulle moeilik sal ontsnap. In 2005 is 20 soldate verhoor na ‘n menseslagting in Haditha, en in 2006 in Hamdaniya en Mahmoudiya is 5 soldate verhoor vir die verkragting van ‘n 14-jarige.  Steven Green wat skuldig bevind is op alle aanklagte het ‘n geskiedenis van aanranding met die doel om te beseer.

для автодиагностикипрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.