Boendoegeregtigheid: beweerde inbreker in KZN gedood

Deel op
Boendoeteregstelling
Boendoeteregstelling

Vier mense is in hegtenis geneem vir die beweerde moord vanoggend op ‘n vermoedelike inbreker in Panorama-tuine, Pietermaritzburg, sê die polisie van Kwazulu-Natal.

‘n 27-jarige man is met veelvuldige beserings is in ‘n afloop gevind waar hy blykbaar gepoog het om by ‘n huis in die buurt in te breek, sê kolonel Jay Naicker.

“Ons doen ‘n beroep op lede van die publiek om enige misdaadbedrywigheid aan die polisie te rapporteer en die gereg toe te laat om sy gang te gaan.”

Die vier sal binnekort in die Pietermaritzburgse Landdroshof verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.