Yahoo! wil weer met Microsoft praat

Deel op

ImageDie hoof van die internetmaatskappy Yahoo!, Jerry Yang, het nou 'n toeskietliker houding jeens Microsoft ingeneem, nadat die programmatuurreus oor die naweek sy aanbod vir Yahoo! teruggetrek het.

Deel op

Yahoo! se aandeelprys het gister met vyftien persent gedaal en sommige aandeelhouers is onsteld hieroor. Twee van die grootste aandeelhouers het onlangs aan die New York Times gesê dat Microsoft se prys van $33 per aandeel min of meer reg was en dat hulle bereid was om te verkoop, maar dat die raad van Yahoo! die aanbod verwerp het.

Sommige ontleders meen dat Microsoft tog uiteindelik daarin sal slaag om die internetmaatskappy te koop aangesien hy nodig het om 'n internetstrategie teen die heersende speler op die web, Google, te ontwikkel. Die mark vir internetadvertensies is besig om snel te groei en Yahoo! se kliëntebasis op die net verteenwoordig 'n aanloklike manier vir Microsoft om daaruit munt te slaan.

купить инструмент в ложементахданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.