Hospitaal moet opdok ná ‘rassisme’-klag

Deel op

diskriminasie‘n Federale jurie het die Ogden Regional Medical Center daaraan skuldig bevind dat hy wederregtelik opgetree het teen ‘n werknemer wat ‘n rassisme-klag aanhangig gemaak het.

Hofrekords toon dat die Amerikaanse distrikshofjurie in Salt Lake City, Utah, op 2 Augustus 2013 bevind het dat Raymond Zisumbo op $7 500 (ongeveer R75 000) aan vergoeding geregtig is.

Hoewel dié bedrag nie buitensporig is nie, het Zisumbo se prokureur, April Hollingsworth aan die koerant, die Standard-Examiner, gesê dat sy aansoek gaan doen om $200 000 (R2 miljoen) van haar kliënt se teruggedateerde salaris.

Jurielede het bevind dat die hospitaal die voormalige rekenaartopografietegnikus uit weerwraak ontslaan het, maar dat die hospitaal nie aan diskriminasie skuldig was nie.

Zisumbo is ‘n Spaanssprekende kleurling (“Hispanic”). Hy het oor ‘n graad en vyf jaar se werkservaring beskik toe hy in 2004 vir die hospitaal begin werk het.

Hy het as tussentydse departementshoof gedien alvorens hy die diskriminasieklag aanhangig gemaak het omdat hy nie bevorder is nie. Tydens die daaropvolgende maand is hy afgedank. – AP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.