Curriebeker skop af met Griekwa-oorwinning

Ryno Barnes
Ryno Barnes

In die eerste Curriebekerwedstryd van die seisoen het die Griekwas gisteraand in Durban met die Haaie afgereken.

Die Haaie het die laaste tien minute van die wedstryd nog met 30-25 voorgeloop, maar ‘n verdoelde drie nadat die eindfluitjie geblaas het, het die Haaie se doppie geklink.

Die telling was 32-30 met die Haaie wat met ‘n bonuspunt tevrede moes wees. Die Haaie het drie drieë gedruk en die Griekwas twee.

Almal is verdoel, maar die Griekwas het ses strafdoele oorgeklits teenoor die Haaie se drie.

In vandag se twee ander wedstryde speel die Leeus op Ellispark teen die Cheetahs, terwyl die WP op Nuweland teen die Blou Bulle te staan sal kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Seg Net

    Welgedaan Griekwas, julle het met een van die groot kanonne meegeding en oorwin. Hou dit so.