Rowers beroof bank in Winburg

Deel op

ImageVolgens die Vrystaatse polisie het drie gewapende mans gister 'n bank in Winburg van 'n onbekende hoeveelheid geld beroof.

Deel op

'n Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê die drie mans het teen 9.30 by die tak ingestorm en 'n vroulike werknemer gedwing om 'n onbekende bedrag geld aan hulle te oorhandig waarna hulle gevlug het.

Mophiring het voorts verklaar dat die rowers deur 'n ander man opgelaai is in 'n voertuig wat later agtergelaat is. Dieselfde voertuig is voorheen as gesteel in Bainsvlei, Bloemfontein, aangemeld.

камера купитьФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.