DA kies swart kandidaat vir Gautengse premierspos

Deel op
Zille en Maimane
Zille en Maimane

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n swart kandidaat bó ‘n Joodse een gekies om stemme in Gauteng te trek in die komende verkiesing. DA-ondersteuners was nie verbaas deur die keuse van ‘n swart kandidaat nie, en het die stap verwelkom.

Die party het sy nasionale woordvoerder Mmusi Maimane toevertrou met die kandidatuur vir die Premierskap van Gauteng. Hy het teen medeDA-lid en Gauteng koukus-leier, Jack Bloom, gestaan.

Die party se Kelly Miller hulle het baie vertroue in hul gekose kandidaat.

“Ons is vol vertroue dat ons hierdie provinsie kan wen in die 2014-verkiesing en ons glo hy gaan ‘n ongelooflike taak verrig.

Maimane het gesê hy beplan om die kwessies rondom Gauteng se etolstelsel as die DA se kandidaat vir premier van die provinsie aan te spreek.

“Ons het ‘n regering nodig wat bevoeg is, wat dienste lewer en korrupsie beveg. Ons sal die kwessies van tol aanspreek en klein besighede in Gauteng laat floreer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.