Gevaarlike bende ontsnap uit hof

Deel op

'n Bende wat aangekla is van twee moorde en drie-en-dertig rooftogte het gister uit die Johannesburgse Landdroshof ontsnap. Die vier mans, wat ongewapen was, het hul bewakers oorrompel, hul voetboeie losgemaak en daarna uit die hof gehardloop.

Deel op

'n Hofbeampte het die toneel "soos iets uit Rambo of James Bond beskryf toe die mans oor die beskuldigdebank gespring het. Voordat hy uit die hof gehardloop het, het een van die aangeklaagdes die ondersoekbeampte met sy losgemaakte voetboeie oor die kop geslaan.

Volgens kaptein Julia Claassen van die Gautengpolisie is die omstandighede rondom die ontsnapping nog nie duidelik nie, maar hulle is besig met 'n intensiewe ondersoek.

casino greeceФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.