PRAAG-webwerwe gaan van krag tot krag

Deel op

praagcoza_logoGister het ons amper 5 000 unieke gebruikers op ons twee praag-webwerwe gehad… Ons is reeds verby Volksblad, Rapport en The Citizen wat verkeer op die internet betref. Dis moeilik om te sê waar Beeld en Die Burger se verkeer staan, want hulle s’n word saam met News24 gegooi, wat SA se grootste nuuswebwerf is. Ons mag dalk later op ‘n gereelde grondslag statistieke oor die verskillende internetmedia in SA publiseer, sodat lesers kan volg hoe webwerwe se verkeer styg en daal.

Dankie aan almal wat ons ondersteun! Laat 2013 in die annale opgeteken word as die jaar toe die alternatiewe media begin het om die monopolie met sy moorddadige politieke korrektheid terug te dryf.

Lewer ook gerus kommentaar op Disqus onder aan berigte of rubrieke. Onthou, u kan met u Facebook-wagwoord op Disqus aanteken. Dis alles goed en wel om op Facebook te gesels, maar ons skep eintlik net verkeer vir Mark Zuckerberg, wat ‘n ondersteuner van Obama is, terwyl enige kommentaar op Disqus ‘n wesentlike bydrae lewer om praag se teenwoordigheid op die internet uit te bou.

Wat u kan doen om ons te help:

  • Vertel u vriende van praag en moedig hulle aan om dit te lees.
  • Twiet ons artikels met behulp van die module aan die linkerkant van die blad as u op Twitter is.
  • Deel ons artikels met u vriende op Facebook.
  • Teken op ons nuusbrief in.
  • Besoek ons webwerf elke dag of soveel kere as wat u kan.
  • Neem aan besprekings op Disqus deel.
  • Moenie artikels van hier af kopieer en aan vriende per epos stuur nie; kopieer liewer net die skakel en stuur dit vir vriende aan sodat hulle ook ons opwindende webwerf kan besoek en ontdek!

– die Redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.