Tannie Anna en Oom Soutie is Naspers-‘agente’

Deel op

1994-stembrief

deur JH du Toit

In die Beeld-artikel “Egpaar se brief ontroer Thuli” word Afrikaners se sin vir sentiment deur bekookte leuens opgejaag om lojaliteit teenoor die siek status quo van die NSA op te tower.

Lees die artikel hier voordat jy hierdie kommentaar lees: Egpaar se brief ontroer Thuli.

My kommentaar op hierdie siek leuenspel:

Hierdie is absolute Naspers-leuens en -propaganda. Daar is geen Tannie Anna en Oom Soutie (Soutie! Hoe slim! ‘Sout van die aarde’…) Strydom nie. Hierdie stembrief kom uit Naspers se eie argiewe.

Oom Soutie: “My vrou en ek is groot bewonderaars van u omdat u optrede waardes weerspieël wat ons trots Suid-Afrikaners maak . . .” Hierdie is ‘n Naspers slapriem om op Afrikaners se sin vir sentiment te speel om lojalitiet teenoor die Afro-fascistiese kleptokrasie op te klits. Dis pateties!

Hoe toevallig dat Naspers daar was om foto’s te neem en te berig toe Modonsela die brief ontvang…

Tannie Anna: “Ek en my man is so sentimenteel en het die stembrief al die jare gehou, want eendag is daar dalk iemand wat dit opreg sal waardeer.” Woorde van ‘n Naspers-leuenskepper.

 “Oor waar die oorspronklike stembrief vandaan kom, is tannie Anna vaag en vertel eerder hoe Madonsela se oproep ’n hoogtepunt was.” Nee, sy kon nie vertel nie want sy bestaan nie en Naspers se argiewe is nie ‘n plek waar ‘n ou Afrikaanse Tannie Anna vertoef nie. Boonop kon die skepper van hierdie leuen nie ‘n manier bedink hoe “Tannie Anna” haar stembrief op daardie dag in 1994 gesteel het eerder as om dit in die stembus te gooi nie.

“Byna soos die keer toe sy oudpres. Nelson Mandela ontmoet het.” Want Madiba Magic maak dit mos altyd meer geloofwaardig.

Tannie Anna: “Ek was so thrilled toe sy (Madonsela) bel.” Ja ou Afrikaanse tannies gebruik mos woorde soos thrilled net soos die Afrikaanses van Naspers met hulle cool Afrikaans.

Hierdie is ‘n patetiese poging om die toenemende getal ontnugterde Afrikaners te breinspoel om mushy (cool Afrikaanse dialek) oor die NSA te voel.

Gelukkig is ek nie ingeskrewe op aanlyn-Beeld nie en dus mag ek nie daar kommentaar lewer nie, maar ene Koos Koekemoer (‘n argetipiese Afrikanernaam – à la Naspers) lewer die volgende ‘kommentaar: “Dit is hartroerend dat Adv. Madonsela waarde aan ‘n stembrief heg van die 1994-verkiesing. Wys jou daar is nog mense wat waarde het vir ’eenvoudige’ dinge wat vir hulle belangrik is en plesier verskaf. Daar is n gesegde wat sê “That man is richest whose pleasures are the cheapest”

 “Koos Koekemoer” is ook ‘n fiktiewe karakter en boonop een wat jou oproep om met die “eenvoudige dinge” tevrede te wees, ma.w. moenie hoe verwagtinge in die NSA he nie, maar wees tevrede met die bietjie wat jy wel het/kry.

Is jy  weemoedig nadat jy van die dierbare Tannie Anna en Oom Soutie gelees het? Jy moet wees want dis wat die Naspers-NSA-paradysprojek  met jou wil doen. “Tannie Anna” en “Oom Soutie” verwag dit van jou!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.