Rentekoerse, erfbelasting dwing huiseienaars om te verkoop

Deel op

Die gekombineerde aanslag van hoër rentekoerse en verhogings in erfbelasting in sommige groot stede is besig om tot paniekverkope deur huiseienaars te lei.

Deel op

Dis veral in kusgebiede soos Mosselbaai en Jeffreysbaai waar die verskynsel merkbaar is.

Eiendomme wat die ergste geraak word deur stagnante pryse of selfs prysdalings is dié tussen R500 000 en R15 miljoen.

Sommige eienaars wat verlede jaar hul huise gekoop het, sit nou met sogenaamde negatiewe ekwiteit waar hulle meer op die huis skuld as wat dit werd is. Volgens John Loos van Eerste Nasionale Bank is daar nog nie 'n algemene, landwye daling in huispryse nie, maar indien nog rentekoersverhogings plaasvind, kan dit later vanjaar gebeur.

betting withoutФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.