Caprivi en Lüderitz kry nuwe name

Deel op

katimamuliloTerwyl die etniese suiwering van Afrikaners onverpoosd voortgaan in Suid-Afrika, met inheemse Afrikaanse plekname wat uitgesonder word vir aftakeling – in stede van koloniale name – word die Duitse koloniale oorblyfsels in Namibië geteiken.

Twee plekke in Namibië het naamsveranderings ondergaan. Die gesogte toeristegebied – die Caprivi-strook – het ‘n nuwe naam gekry om sy Duitse koloniale geskiedenis af te skud.

Die gebied is bekend vir sy tropiese klimaat, riviere en wild en sal in die toekoms bekendstaan as die Zambesi-streek. Die Zambesirivier is die grens tussen die noorde van Namibië en die suide van Angola.

Dit is oorspronklik vernoem na Leon von Caprivi wat tussen 1890 en 1894 die Duitse kanselier was.

Ook Lüderitz in die suide het ‘n nuwe naam gekry en sal voortaan as Numinus bekend wees. Dit is naby die diamant-spookdorpie en toeriste-aantreklikheid, Kolmanskop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.