Goudstakings: Onderhandelinge eersdaags hervat

Deel op

ccmaOnderhandelings tussen goudmynmaatskappye en vakbonde sal aanstaande week by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie hervat word.

Die KVBA sê die proses word op die 13de hervat. Die NUM, Solidariteit en UASA het ‘n geskil verklaar ná onderhandelings met die Kamer van Mynwese verlede maand op ‘n dooiepunt uitgeloop het.

Goudprodusente het ‘n verhoging van vyf persent aangebied. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Gideon du Plessis sê die salarisonderhandelings vorder te stadig. Hy sê hulle hoop aanstaande week se onderhandelings sal positiewe resultate oplewer.

UASA het ‘n ooreenkoms met AngloGold Ashanti bereik om kennisgewings oor moontlike afleggings aan werknemers tydelik op te skort.

AngloGoldAshanti het gister aangekondig dat hy twee-duisend bestuursposte wêreldwyd wil afskaf as deel van sy planne om koste te bespaar. Agt honderd van die poste is in Suid-Afrika.

Volgens UASA het die mynhuis ingestem om eerste te vra vir vrywillige aftrede, voordat afleggings oorweeg word. – RSG

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.