LUR verdink top politici, polisie van bendebetrokkenheid

Deel op
Dan Plato
Dan Plato

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het ‘n herrie laat losbars oor ‘n plofbare beëdigde verklaring deur ‘n selferkende bendeboef.

Dit kom nadat die Weekend Argus met Pierre Wyngaardt, die man agter die beëdigde verklaring gesels het. Hy beweer senior ANC-lede en top polisiebeamptes is in dwelmhandel, geldwassery, OTM-bomaanvalle en korrupsie, betrokke.

Wyngaardt het gesê hy is ‘n “profeet” met ‘n “spesiale geestelike vermoëns”, wat deur die engele gelei is om by ‘n internasionale NGO sy omstrede verklaring te gaan maak.

Hy beweer die polisiehoof, generaal-majoor Jeremy Vearey, ANC provinsiale voorsitter en adjunk-minister van internasionale betrekkinge en samewerking Marius Fransman, en Max Ozinsky, ANC-LPW, is betrokke by kriminele aktiwiteite van die Wes-Kaapse bendes.

Plato het besluit om Wyngaardt se inligting aan die Openbare Beskermer te oorhandig.

Wyngaardt beweer hy het die eerste keer sy beëdigde verklaring na Zille se kantoor geneem.

Intussen het Vearey Plato beskuldig van wat hy noem “wilde vergesogte bewerings” vervat in die beëdigde verklaring.

‘n Woedende Vearey sê die LUR glo nie alleen nie, maar versprei ook ‘n “Alice in Wonderland-sprokie” saamgeflans deur ‘n “skynbaar mal man”.

Vearey het gesê dit is nie verbasend nie dat die NVG-hoof Rodney de Kock die bron van die bewerings as ‘n getuie beskou wat ‘n tekort aan geloofwaardigheid het, en wie se weergawe nie bevestig kan word in enige opsig nie.

Hy het ook gewaarsku teen die “politieke dorpsidiote wat betrokke is in die aanval op my reputasie”, wat hy beweer persoonlik is.

“Ek sien nie enige ander rasionele rede hiervoor nie, behalwe politieke vooroordeel rondom my (ANC) verlede. Ek maak geen verskoning vir my verlede nie.” – IOL

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.