Myne eis 10% meer lewens

Deel op

Mynboubedrywighede by die South Deep-myn sal vandag hervat word. Die myn is gesluit nadat nege werkers Donderdag in 'n ongeluk oorlede is.

Gold Fields, wat die myn besit, is onder druk nadat onlangse ongelukke reeds die lewens van 14 mense geëis het.

Deel op
Die departement van Mineraal- en Energiesake sal ook 'n ondersoek loods na die kabel wat skynbaar gebreek het in die oggend. Die nege werkers het meer as 50m ver in die skag geval.

Suid-Afrika teken van die hoogste aantal mynbousterftes in die geïndustrialiseerde wêreld aan, met 'n jaarlikse gemiddeld van 224 tussen 1997 en 2007.

Die dodetal het met 10% gestyg in die bedryf verlede jaar, volgens die regering.

free bets no deposit required casinoтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.