SA sakemanne geesdriftig oor grondhervorming

Deel op

Op 20 Februarie het ‘n groep Afrikaanse sakelui voorstelle oor grondhervorming aan president Mbeki en minister Lulu Xingwane voorgelê.

Die groep het bestaan uit Ton Vosloo (voorsitter van Naspers), prof Willie Esterhuyse (kenner van sake-etiek en een van die figure wat destyds ‘n leidende rol in die samesprekings tussen die ANC en die NP gespeel het), mnre Mof Terreblanche (oud president van die Afrikaanse Handelsinstituut en Vrystaatse sakeman ), Thys du Toit (hoof van Coronation), Hendrik du Toit (hoof van Investec se batebestuurdepartement), G.T. Ferreira (voorsitter van Rand Aksepbank) en Giuseppe Ciucci (hoof van Stonehage Wealth Management).
Deel op

Hulle het ‘n verslag oor die Renosterrivierprojek, wat beoog om ‘n model vir grondhervorming te wees, aan die president voorgelê. Mof Terreblanche, wat self ‘n plaas het in Edenville (naby die Renosterrivier-projek) en die koördineerder is van die proefprojek, meen swart boere is gedoem tot mislukking wanneer grond aan hulle gegee word sonder dat hulle oor die nodige vaardigheid beskik. Dan is daar ook die swak winsgewendheid van die landbousektor, die tekort aan finansiering en die gebrekkige ervaring van opkomende boere wat ‘n rol speel.

Volgens die verslag behoort daar nie soveel klem op die oordrag van grond geplaas te word nie,  maar eerder op die volhoubaarheid van die nuwe ondernemings. Swart boere moet opgelei word en daar moet van “agterdog en wantroue” ontslae geraak word. Die privaat sektor gaan  ‘n ondersteuningsentrum stig om boere te help. Vennootskappe tussen swart boere en gevestigde boere om saam beeste te voer en te bemark, word ook beplan.

‘n Woordvoerder van Mbeki het die vergadering, wat by Genadendal plaasgevind het, as “vrugbaar” bestempel.

Ton Vosloo (eienaar van verskeie wonings in Frankryk) en G.T. Ferreira (eienaar van die wynplaas Tokara) het reeds R1.5 miljoen van hul eie fondse tot die projek bygedra.

турецкая баня хамам своими рукамиФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.