Afrikanerminderwaardigheid

Deel op

Net een ding irriteer  my meer as ‘n Engelssprekende Suid Afrikaner  (‘n ESSA) wat aanmatigend oor sy taal is. Daardie een ding wat my so grensloos irriteer en wat ek selfs verafsku, is Afrikaners wat probeer Engels wees. Sulke spontane kulturele selfverkragting is tipies van ‘n sekere tipe agterlike Afrikaner. Ja, diegene ly blykbaar aan ‘n intense minderwaardigheidsgevoel oor hul herkoms.

 

Deel op

Waar ek vandaan kom is ons nie net baie trots op ons familie nie, maar ook op ons status as Afrikaners. Daar in die Boland was ek van kleins af al bewus gemaak van ons familie en ons volk se prestasies. My liefde en trots vir my eie staan onbedreig teenoor enige aanslag.Dus kon ek nooit verstaan hoe mens kan wegkruip vir jou eie identiteit nie. Geen volk of familie is perfek nie, maar dit is juis ons foute te midde van ons sterk punte wat ons interressant en menslik maak.

Hoewel ek reeds in die Kaap hierdie ‘Anglikaners’ opgemerk het, was dit
iets wat maar min te siene was. Hierdie besonderse  agterlikheid het ek die eerste keer in so ‘n oormaat hier in die Transvaal ervaar. Mense wat
skaam is vir hulle familiename, skaam vir hul taal en heeltemal weghardloop van hul volksindentideit. Ek bejeën hulle met minagting. Hoekom is daar so vreeslik baie van hulle hier in die Noorde? Waaroor voel so baie Afrikaners hier so minderwaardig? Die mate waartoe hul hul identiteite omvorm strek van die belaglike tot die absurde. Hoewel daar heelwat
opregte anderstalige familiename (ook Engelse name) in Afrikanergeledere voorkom, kry mens deesdae net te veel bloedjies wat gedoop word as Keegan Pretorius, Kelly Poggenpoel, Maddison van der Merwe, Shannon du Preez, Phoebe van Zyl, Megan Vlok, ens.! Dan raak dit selfs meer belaglik met die verbuiging en kombinering van Engelse name, soos Maddigan Koekemoer, Megnon van Wyk, Sheegan Venter en Keshan de Villiers. Selfs nie eers die ESSA’s sal sulke grillerige verbasterings skep nie. Wanneer die Anglikaners egter begin om hul spruite na Amerikaanse sepiekarakters te vernoem, weet ek egter nie of ek moet lag of huil nie. Name soos Storm Varkenvisser, Thorn Groenewald Brooke Huysamen, Chad Gelderblom, Tod Nienaber of dalk Darla Engelbrecht verbyster my. Die Anglikaner se kitsch ken geen perke nie.

Maar dit gaan nie net oor name nie. Want sien, as ‘n aspirant-Anglikaner met ‘n ESSA-persoon trou raak hy/sy onmiddellik Engelssprekend. Moet tog nie by ‘n geselligheid of enige ander plek met die Anglikaner probeer Afrikaans praat nie, want hoewel sy gedoop mag wees as Johanna Susanna Magdalena van Blerk is Afrikaans vir haar net so vreemd soos iemand vanaf daardie droewige nat eilande. Nee Hannie van Blerk (Johanna) is nou Joanne Smith uit Oxford (al laat haar Engels veel te wense oor).


Wat is verkeerd met mooi Afrikaanse name soos Hannes, Marietjie, François, Johan, Susan, Dewald, Helena, Herman, Ria, Louise en vele ander? Die mense wat die meeste op positiewe wyse tot my lewe bygedra het, het sulke name.
Ek het geen herinneringe of enige assosiasie met ‘n Brooke, Phoebe,
Maddigan of Chad nie. Maar miskien is dit juis die Anglikaner se punt. Dit is die gebrek aan assosiasie en herinneringe wat maak dat die Anglikaner Thorn, Maddigan en Shannon verkies…

Ek het al dikwels die sielkunde van die agterlike Afrikaner (Anglikaner)
probeer verstaan. Al sin wat ek tot dusver daaruit kon maak, is dat dit die resultaat van ‘n diepgesetelde minderwaardigheidskompleks is. Die patetiese selfbeeld van iemand wat homself so gering ag dat hy elke komponent van sy identiteit verag. ‘n Soort selfhaat wat so omvattend is dat dit die persoon noodsaak om so ‘n groteske identiteitsverandering te projekteer dat hy homself nie daarin kan herken nie. Die individu raak amper iets anders, deel van ‘n ander etnisiteit. Of die persoon haar eie naam verengels, of dit beperk tot haar eie verengelsing en of sy Afrikaanstalig bly maar wel haar kinders Engelse name gee, dit bly ‘n ontvlugting weg van die eie. Ek probeer myself oortuig dat dit dalk beter is dat sulke beskaamde volksgenote hulself eerder by die Angel-Saksiese groep aansluit. Tog bly dit vir my ‘n wroeging dat dit juis in die geledere van mý volksgenote is dat sulke miderwaardigheid bestaan.

 

{mos_mb_discuss:13}

как сделать из лего домтопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.