Polisie soek inligting oor wit polisiehoof se marteldood

Deel op
Gerrit Myburgh
Gerrit Myburgh

Die Gautengse polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat kan lei tot verdere arrestasies in verband met die moord op die voormalige Heidelbergse polisiedistrikskommissaris Gerrit Myburgh.

Die polisie het Woensdag bevestig dat hulle ‘n saak van moord en huisroof ondersoek nadat die gefolterde liggaam van die voormalige polisiehoof op sy kleinhoewe gevind is.

Gerrit ‘Billy’ Myburgh (79), is glo met ʼn strykyster en kookwater gemartel voordat hy vermoedelik met sy eie klere verwurg is.

Die 77-jarige het glo alleen op sy kleinhoewe gewoon toe hy Maandag vermoor is.

Polisie het gesê dat sy liggaam is ontdek deur sy niggie en ‘n familievriend wat hom wou gaan besoek.

Sy half-naakte liggaam is in ‘n plas bloed in sy slaapkamer gekry. Albei sy hande en voete was vasgebind met klere.

Die SAPD het nie dié martelmoord geregistreer as ‘n haatmisdaad nie hoewel die huidige regime as ‘n ondertekenaar van die Roomse Statuut verplig word om dit te doen.

Dit sal slegs ondersoek word as n gewone geval van moord en huisbraak.

Die polisie se Katlego Mogale het gesê die huis is geplunder en vier vuurwapens word vermis, asook Myburgh se motor.

Myburgh se voertuig, ʼn swart Mazda 3, is tydens die voorval gesteel, maar later verlate naby Heidelberg opgespoor.

“Die voertuig is aan die brand gesteek en was heeltemal uitgebrand toe die polisie Dinsdagoggend in die vroeë oggendure daarop afgekom het,” het Mogale bygevoeg.

Volgens ʼn polisiebeampte, wat anoniem wou bly, is drie vuurwapens en ʼn polisiesabel van die toneel gesteel. Mogale kon dit vroeër egter nie bevestig nie en sê hulle wag nog vir die man se familie om vas te stel of daar iets uit die huis vermis word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.