DA gaan Midvaal verloor

Deel op
Nast het Midvaal doelgerig verengels
Nast het Midvaal doelgerig verengels

Goedkeuring vir die samesmelting van die Midvaal en Emfuleni munisipaliteite in die Vaaldriehoek in ‘n enkele metroraad sal teen die einde van die week afgehandel wees. Die samesmelting sal ook die Sedibeng Distriksraad insluit.

Die Munisipale Afbakeningsraad gaan die saak finaliseer na uitgebreide konsultasies plaasgevind het.

Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat reeds 12 jaar lank deur die DA beheer word, maar gaan gebuk onder bewerings van korrupsie en wanbestuur wat deur die partyleier Helen Zille geïgnoreer word.

Nast was volgens inligting ook betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die name van verskeie strate en plekke te verander. – See more at: http://praag.co.za/?p=15598#sthash.eI53Xo5V.dpuf

Die burgemeester, Timothy Nast, het onlangs bedank om aan te sluit by die ANC se beplanningsliggaam in Gauteng.

Nast was betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die Afrikaanse name van verskeie strate en plekke te verander.

Die party het belowe om te veg teen die voorgestelde samesmelting.

Nast was volgens inligting ook betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die name van verskeie strate en plekke te verander. – See more at: http://praag.co.za/?p=15598#sthash.eI53Xo5V.dpuf

Die hoofsweep van die Midvaal munisipaliteit, Dennis Ryder sê hulle is teleurgesteld oor die nuus dat daar voortgegaan word met die artikel 21-kennisgewing wat die volgende stap is om ‘n metro tussen Midvaal en Emfuleni tot stand te bring.

Hy sê om die twee gebiede in ‘n metro te verenig voldoen nie aan die kriteria ingevolge wetgewing nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.