Twee sterf in Drakensberg

Deel op

Twee mense van 'n kerkgroep is dood in die Drakensberg naby Witsieshoek oor die naweek. Die groep het na Mont-aux-Sources vertrek op Werkersdag vir 'n bidsessie op die berg.

Deel op

Volgens 'n polisiewoordvoerder word vier mense steeds in die Phuthaditjhabahospitaal behandel. Die groep het uit nege individue bestaan, almal lede van die Universal Church in Phuthaditjhaba.

Die jong mans en vroue by die geestelike byeenkoms was tussen 17 en 22 jaar oud. Dit is nie duidelik wanneer presies die twee mense oorlede is nie, maar volgens 'n veiligheidswag by die parkeerterrein, het hulle buite geslaap.

Die jong pastoor wat die groep gelei het, het die beproewing oorleef.

купить игрушкулобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.