ANC maak feitlik skoonskip in Noordwes-tussenverkiesings

Deel op

ANC2Terwyl die hoofstroommedia so te sê die ondergang van die ANC vier, het die party gister ‘n stewige vertoning in Noordwes-tussenverkiesings gelewer deur almal behalwe een te wen. In die Potchefstroomse verkiesing waar vooraf hoë verwagtinge geskep is dat die DA die ANC in die Tlokwe-tussenverkiesing sou troef, het die ANC in kiesafdeling 9 met 735 stemme voorgeloop teen ‘n onafhanklike kandidaat wat 504 stemme aangeteken het.

Die laaste telling wat vir die DA in kiesafdeling 9 van Tlokwe aangegee is, was 196 stemme, Nietemin het die DA dit in ‘n verklaring as “massiewe groei” bestempel, wat die party persentasiegewys as 13,47% aagedui het.

Die enigste uit tien tussenverkiesings wat die ANC verloor het, was in Mahikeng se kiesafdeling 4 waar ‘n onafhanklike kandidaat gewen het.

Volgens die ANC in Noordwes bly die party “die onbetwisbare eiendom van die Suid-Afrikaanse nasie en die resultate van dié tussenverkiesings is ‘n testament vir dié onweerlegbare werklikheid”. – praag, sapa en ANC-verklaring

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.