Microsoft s? nee vir Yahoo!

Deel op
Microsoft het uiteindelik nee gesê vir die eise van Yahoo! sover dit die oorname van die internetmaatskappy betref. Microsoft het R361 miljard, dis 361 met nege nulle aan, vir Yahoo! aangebied maar laasgenoemde wil R30 miljard meer hê.
Deel op

Die programmatuurreus van Seattle het drie maande gelede vir Yahoo! begin bie deur $31 per aandeel aan te bied. Die huidige aanbod is $33 per aandeel, maar Yahoo! verlang $37.

Volgens Steve Ballmer, die hoofuitvoerendebeampte van Microsoft, maak die ekonomie van Yahoo! se eise nie sin nie en daarom is dit in die beste belang van aandeelhouers en werknemers om die aanbod terug te trek.

Volgens ontleders het Yahoo! sy hand oorspeel en kan die aandeelprys vandag met tot 30% daal. Vrydag het dit nog 7% gestyg in die hoop dat 'n ooreenkoms tussen Microsoft en Yahoo! bereik sou word.

ландшафтное освещение садалобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.