Koue kom, krag beur

Deel op

koueRampbestuur in die Suid-Kaap en Klein Karoo is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na waarskuwings van swaar reën en sneeu in die streek.

Die nasionale weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik van ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap oor die volgende paar dae.

Eskom sê die vraag na elektrisiteit was Dinsdagaand baie hoog weens die koue weerstoestande.

Kragverbruik gaan na verwagting vir die res van die week hoog wees as gevolg van ‘n kouefront wat die suide van die land vandag tref.

Huishoudings word gevra om elektrisiteit spaarsaam te gebruik in die spitstydperk tussen vyfuur en nege-uur elke dag.

Eskom stel voor dat inwoners nie die ketel vol maak nie, maar net genoeg water kook vir ‘n koppie koffie of tee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.