Kenia-lughawe in ligte laaie

Deel op

kenialughaweBrandbestyders werk onverpoosd om ‘n groot brand by die Jomo Kenyatta lughawe in Kenia onder beheer te bring.

Die brand wat ongeveer vyfuur vanoggend in die vertreksaal uitgebreek en na die aankomsaal versprei het, het tot die sluiting van dié lughawe gelei wat een van die besigste vervoersentrums in Oos-Afrika is.

Die aksynsvrye-deel van die lughawe is in puin gelê, berig CNN.

Vlugte sal na Mombasa, Entebbe-lughawe in Uganda en Kigali-lughawe in Rwanda herlei word.

‘n Amptenaar van die ministerie van Binnelandse Sake en Nasionale Koördinering sê alles moontlik word gedoen om ‘n krisis af te weer.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die brand volg minder as 48 uur sedert ‘n foutiewe brandstofpomp tot groot vertragings by die lughawe gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.