Vermeende Ceres-babaverkragter gevang

Deel op

sapd2‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n baba van vier maande en ‘n 7-jarige seun in Ceres, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Lt.kol. André Traut het gesê ‘n 32-jarige man is in aanhouding en is Maandagaand in Ceres ondervra.

‘n Taakspan wat bestaan uit verskeie polisie-eenhede is in die lewe geroep om die verkragtings te ondersoek.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat die skuldige boet.”

Lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het Maandag gesê die baba het in die bed by haar ouers geslaap toe ‘n man haar gegryp en vroeg Saterdagoggend verkrag het.

Die seun was in die huis en is dieselfde tyd verkrag.

Lamoer het gesê die man het vermoedelik in die huis, wat op ‘n plaas in die Ceres-distrik geleë is, geslaap.

“Die baba is tans in die Rooikruis-kinderhospitaal, waar sy herkonstruktiewe snykunde ondergaan het en vir ‘n lang tyd sal bly,” het Lamoer op ‘n gedenkdiens van vermoorde polisiebeamptes in Kuilsrivier gesê.

“Soos julle kan sien, is daar ‘n siek samelewing daarbuite. Sommige mans kan nie verantwoordelikheid aanvaar nie en ons moet verseker dat die persone in hegtenis geneem word.

Traut het gesê die kinders is nie broer en suster, soos voorheen berig is nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.