Student buite UJ geskiet

Deel op

ujlogoʼn Student is geskiet en gewond buite die Universiteit van Johannesburg (UJ)  se Doornfontein-kampus.

“Die universiteit kan bevestig dat ʼn 30-jarige student geskiet is tydens ʼn rooftog buite die gronde van die Doornfontein-kampus,” het Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gesê.
“Die student is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.”
Esterhuizen het gesê die voorval het omstreeks 20:30 Dinsdagaand plaasgevind.
Die student het glo iets gaan koop om te eet en is deur twee mans gekonfronteer op pad terug na die kampus.
Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Esterhuizen sê die voorval het nie op dieselfde kampus plaasgevind as verlede week se kaping nie.
ʼn 23-jarige student is verlede week gekaap en ontvoer terwyl sy haar motor parkeer het op die universiteit se Kingsway-kampus.
Die student is in haar motor se kattebak geprop waarna die man na ʼn OTM gery het.
Hy het haar gedwing om haar bankkaart se pin vir hom te gee voor hy haar in Eldorado Park afgelaai het waar sy later gevind is.
Die Agtienjarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die voorval, was glo in besit van die motor betrap. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.