‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Tlali Tlali sê hulle stel ondersoek in na ‘n vals kapingskennisgewing wat gistermiddag paniek veroorsaak het op ‘n vlug wat in Port Elizabeth geland het.
Volgens Tlali is die vals kennisgewing geaktivieer vir die vlug SA 417 wat in Johannesburg opgestyg het.
Nooddienste en bykomende veiligheidspersoneel is na die lughawe in Port Elizabeth gestuur om die vlug in te wag.
Tlali sê die vliegtuig en al die passasiers is deursoek, en is veilig verklaar. Hy sê hulle wil graag uitvind waar die kapingskennisgewing vandaan gekom het.- RSG