‘Munisipale herafbakening benadeel plaaslike bestuur’: VF Plus

Deel op
Kaart van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit
Kaart van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit

Die VF Plus dreig met aksie teen die munisipale afbakeningsraad oor die wyse waarop die instansie sy kennisgewings tot openbare verhore en prosesse hanteer met die oog op die herafbakening van onder meer die Sedibeng distriksmunisipaliteit in die Vaaldriehoek en die van die Wesrandse distriksmunisipaliteit in Gauteng en ander sentra in die land.

Die VF Plus het reeds op 17 April 2013 by die afbakeningsraad appèl aangeteken nadat openbare verhore tussen 7 en 11 April 2013 gehou is binne die twee munisipale gebiede en verskeie ander sentra in Suid-Afrika.  Die voorsitter van die munisipale afbakeningsraad mnr LJ Malhango, het die kennisgewing tot openbare verhore eers op 3 April 2013 onderteken –  minder as 6 dae voordat die openbare verhore sou plaasvind en die publieke kennisgewings in nuusblaaie is so laat as op Sondag 7 April 2013 gepubliseer.

Die appèl is geskoei op die gees van die Suid Afrikaanse grondwet soos vervat in artikel 33 wat in geen onduidelike terme die reg op billike administratiewe aksie reël in paragraaf 1, 2 en 3 en die Wet op die bevordering van Billike Administrasie “PAJA” , wet 3 van 2000.

Nadat die regsafdeling van die afbakeningsraad ontvangs van die appèl erken het en onderneem het om daarop te reageer, het hulle tot dusver enige verdere navrae daaroor geïgnoreer.

Inwoners en belastingbetalers het geen billike kans gehad om ‘n opinie te vorm oor die omvang en nagevolge van die beoogde samevoegings nie.  Die ANC het wel busse vol van hul eie ondersteuners na die geleenthede aangery.

Die herafbakenings kom neer op ‘n herverdeling van belastinginkomste, sonder om effektiewe bestuur van die plaaslike owerhede aan te spreek. Die afbakeningsraad het verder geen terugvoer gegee aan rolspelers wat tydens die openbare verhore insette gelewer het en vrae gevra het nie.

Die werkswyse van die munisipale afbakeningsraad kom verdag voor en laat dit lyk soos ‘n frontorganisasie van die ANC.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.