‘Afrikaans is ongelukkig ‘n Afrikataal’: Motshekga

Deel op
Die Afrikaanse taalmonument in die Paarl
Die Afrikaanse taalmonument in die Paarl

Oor sy beleid om die gebruik van Afrikatale in skole te stimuleer, het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gister gesê dat die departement ‘n loodsprojek ondersteun wat aanstaande jaar in 10 skole per distrik ingestel sal word.

“Afrikaans kwalifiseer, gelukkig of ongelukkig, daarvoor. Dis ‘n inheemse taal en daarom pas dit volmaak by die definisie. Selfs die Afrikaanse taal- en kultuurgroepe het gedink dat ons Afrikaans gaan uitlaat.

“Dit pas volmaak by die definisie. Ons het nie teen Afrikaans gediskrimineer nie. Dit sal as een van die tale beskou word waarin ons sê skole behoort as deel van die Afrikatale te onderrig,” het sy gesê.

Dié opmerkings is gemaak tydens ‘n inligtingsessie oor verwikkelinge in die opvoedingsektor, veral wat die kurrikulum betref.

Motshekga het gesê haar departement beskik oor ‘n strategie om die gebruik van Afrikatale in skole te verhoog, asook om onderrig in Engels as ‘n eerste addisionele taal te verskerp.

Twee studies en die matriekuitslae het die negatiewe invloed van swak Engelse taalvermoë op die prestasie van leerlinge beklemtoon, asook die behoefte om die gehalte van Engelse onderrig en leer te verbeter.

“Gevolglik is daar vanaf 2012 begin om alle kinders wat van plan is om deur medium van Engels te leer, reeds in dié taal van graad een af te onderrig.

“Die departement kyk daarna om die gehalte van Engelse onderrig te verbeter, in samewerking met die British Council,” het sy gesê.

Alle Suid-Afrikaanse leerlinge behoort ook van die nodige meubels in skole voorsien te word, het Motshekga voortgegaan.

By die raad van onderwysministers het ons gesê die provinsies behoort daarna te streef om ‘n stoel en ‘n tafel vir elke kind te hê,” het sy in Pretoria gesê.

Die provinsiale onderwysdepartemente is opdrag gegee om hul meubelbehoeftes aan die nasionale owerheid teen 16 Augustus voor te lê.

Sy het gesê die raad van onderwysministers het ‘n nuwe kurrikulum vir vroeëkinderontwikkeling aangeneem, wat aan die doelwitte van die nasionale ontwikkelingsplan voldoen.

Die raad van onderwysministers het ook skole se gereedheid bespreek. Ons beskou normaalweg skole se gereedheid (vir die volgende jaar)  in die vierde kwartaal, maar dié keer het ons dit in die derde kwartaal gedoen,” het sy gesê.

“As departement het ons ons daartoe verbind om die aard van ondersteuning wat provinsiale onderwysdepartemente nodig het, nou te volg.” – Sapa en praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.