Swart polisievrou wat maskara steel uit op borg

Deel op

SAPD‘n Polisievrou wat daarvan beskuldig word dat sy twee buisies maskara in ‘n winkel gesteel het, is op borgtog van R500 deur die Potchefstroomse Landdroshof vrygelaat, het die Noordwes-polisie gister gesê.

Luit.kol. Kenaleone Aggy Motloung, van die misdaadintelligensie-eenheid, het Maandag in die hof verskyn, het Brigadier Thulani Ngubane gesê.

Volgens Ngubane is sy Vrydag by die Clicks in die Mooirivier Mall in hegtenis geneem.

Die polisiekommissaris van Noordwes, luit.genl. Zukiswa Mbombo het gesê Motloung staar ook ‘n interne tugverhoor in die gesig.

Ngubane het gesê Motloung sal weer op 22 Augustus in die hof verskyn.

Vroeër het sersant Kelebogile Moiloa gesê dat die polisievrou van diens af was op die tydstip toe sy in hegtenis geneem is. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.