Nuwe wet oor grond deel van transformasie-projek

Deel op

makuku“Krotbuurte in rykmanswoongebiede. Met die gepaardgaande negatiewe impak op ontwikkeling en Suid-Afrika se ekonomie. Dit is die onafwendbare gevolge van die nuwe Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur wat gister deur pres. Jacob Zuma bekragtig is,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê die vereistes van die wet is ‘totaal belaglik en onrealisties’ en het die totale integrasie van alle gemeenskappe in die land ten doel.

Dit kan eiendomsontwikkeling en die eiendomsmark eiendomsontwikkeling in Suid-Afrika ernstig benadeel aangesien dit onder meer die las op ontwikkelaars plaas om op eie koste goedkoop projekte in eksklusiewe areas te ontwikkel wat daartoe sal lei dat markpryse totaal onstabiel kan raak.

Die wet bepaal onder meer dat:

· Wanneer ‘n persoon grond vir behuisingsbehoeftes ontwikkel, moet daar ook voorsiening gemaak word die ontwikkeling van behuising vir mense vanoor die totale sosiaal-ekonomiese spektrum van Suid-Afrika. Dit kan gedoen word deur grond vir so ’n doel te soneer en opsy te sit, of om by te dra tot ‘n fonds wat vir grondloses aangewend sal word; en

· ‘n Persoon wie se grond minder werd gaan wees weens ‘n beoogde ontwikkeling, sal nie besluite in terme van die wet kan aanveg nie.

“Ontwikkelaars word hierdeur gedwing om in ‘n gesogte en eksklusiewe woongebied ook laekoste-projekte aan te pak. In ‘n gegoede woongebied sal daar dus ook goedkoop ontwikkelings kom wat mettertyd tot iets soos krotbuurte kan verval.

“Dit sal op die ontwikkelaar se eie koste gedoen moet word, wat sal beteken dat mense hul geld eerder in ander ondernemings sal belê, of oorsee sal neem, wat ‘n baie groot impak op die land se ekonomie kan hê.

“Nog ‘n logiese uitvloeisel is dat dit die totale eiendomsmark in Suid-Afrika ‘n ernstige knou kan kry aangesien pryse in ‘n sekere omgewing skerp kan daal indien ‘n laekoste-ontwikkeling daar sou ontstaan,” sê adv. Alberts.

Hy sê die wet is deel van die ANC se kwalik bedekte sosialistiese program van herverspreiding.

“Hierdie is deel van die groter transformasie-projek van die ANC en dit is die rede waarom die VF Plus oorlog verklaar het teen transformasie en sy veldtog in hierdie opsig in die afsienbare toekoms gaan verskerp,” sê adv. Alberts.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.