‘Derde taal is inligting-oorlading’

Deel op
Angie Motshekga
Angie Motshekga

Vakbonde en Engelstalige onderwyskundiges het hul kommer uitgespreek oor die aanleer van ‘n derde taal, en gesê dit kan nie in die oorvol kurrikulum ingepas word nie.

Die Departement van Onderwys het in Mei aangekondig dat ‘n derde taal aangeleer sal word vir Graad R en Graad 1 leerlinge volgende jaar, maar besonderhede oor die implementering is nog nie bekend nie.

Die idee was om “veeltaligheid en sosiale samehorigheid te bevorder” asook Afrika-tale in gebiede waar hulle is nie meer gepraat word nie, te verhoog, het die departement gesê.

Basil Manuel, president van die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika, die tweede grootste onderwysersunie in die land, het gesê die gedetailleerde voorsteldokument is dringend nodig.

Manuel het sy kommer uitgespreek oor ‘n derde taal in die kurrikulum. “Daar is ‘n gevoel dat die CAPS kurrikulum propvol is, wat beteken dat onderwysers sal tyd steel van ander vakke, en dit is ‘n probleem.”

Dr Graham Dampier, ‘n dosent in die Universiteit van Johannesburg se departement van onderwys, het gesê die bekendstelling van ‘n derde taal is problematies.

“Eerstens, daar is inligtingoorlading. Ons het reeds onderrig in Engels en ‘n huistaal [in graad 1 tot 3].”

Kinders leer in hulle huistaal vir die eerste drie jaar en bemeester nie Engels goed genoeg om aan te gaan met die slegs-Engels kurrikulum wat begin in graad 4 nie, het hy gesê.

Die Suid Afrikaanse Onderwys-Unie het Basiese Onderwys Minister Angie Motshekga gevra om die gebrek aan tyd en ‘n tekort aan onderwysers om ‘n derde taal aan te leer, te bespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.