‘Omvattende studie oor landbou en arbeid nodig’

Deel op

statssaDie statistikus-generaal Pali Lehohla sê 5,2% van die arbeidsmag werk in die landbousektor, terwyl dié sektor slegs 2,5% persent tot die land se Bruto Binnelandse Produk bydra.

Dit beklemtoon die belangrikheid van landbou vir werkskepping, het hy gesê.

Lehohla het in Pretoria die media toegespreek by die vrystelling van statistiek oor boerdery in Suid-Afrika wat tydens die sensus in 2011 ingesamel is.

Lehohla sê ‘n meer omvattende studie sal oor landbou in die besonder gedoen word.

Die sensus het getoon dat 2,8 miljoen huishoudings betrokke is in die landbou in een of ander vorm. Dit het vrae bevat wat verband hou met die landbou, maar het nie ‘n duidelike onderskeid tussen kommersiële en bestaansboerdery getref nie.

‘n Meer genuanseerde prentjie is nodig, het Lehohla gesê.

Die provinsies met die grootste aantal huishoudings wat landbou beoefen is in KwaZulu-Natal met 24,9%, Oos-Kaap met 20,7% en Limpopo met 16,3%. Die Noord-Kaap het die hoogste persentasie van huishoudings wat vee besit.

Die regering beplan om die inligting te gebruik om die landbousektor te versterk om te verseker dat meer werksgeleenthede in die sektor geskep kan word. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.