Koolstofbelasting kan ekonomie knou

Deel op

carbontaxDie Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid waarsku dat die voorgestelde koolstofbelasting ‘n ernstige impak op die land se ekonomie en werkskepping kan hê.

Die Kamer se uitvoerende hoof, Neren Rau sê hulle ondersteun maatreëls om koolstofvrystellings te verminder, maar dit moet belasting-neutraal wees.

Die kamer het sy kommentaar oor die koolstofbelasting beleidsdokument by die Tesourie ingedien. Die beleidsdokument, wat in Mei bekendgestel is, bied ‘n raamwerk vir gesprekke rondom die beplande koolstofbelasting van R120 per ton.

Die minister van Finansies, Pravin Gordhan het die koolstofbelasting in sy begrotingsrede in Februarie aangekondig. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.